Hierdie is 'n kursus van 15 lesse. Dit handel oor die hoogtepunte van die Bybel en wat God se boodskap is vir jou.
Jy sal ’n persoonlike mentor kry wat terugvoer gee oor jou antwoorde en aan wie jy opvolgvrae kan stel. Jou mentor sal gewoonlik binne 24-48 uur op jou les reageer. Aan die einde van die kursus sal jy 'n sertifikaat ontvang indien jou deelname tot die bevrediging van jou mentor was.
Ons stel voor dat jy 1 of 2 lesse per dag te doen. Dit sal jou toelaat om na te dink oor die geestelike inhoud van die lesse. Op hierdie manier bou jy 'n verhouding met jou mentor, sodat jy oor jou vrae en geestelike lewe kan praat. Dit werk die beste as jy 'n paar weke neem om deur die hele kursus te werk.
Ons hoop jy geniet die kursus, en dat dit jou sal help om nader aan God te groei!
Belangrik om te onthou: Punte word nie aan elke vraag toegeken nie. Multi-keuse vrae kan korrek of verkeerd wees, en word so gemerk. Die student word aangemoedig om deel te neem aan die besprekings-vrae alhoewel dit nie punte tel nie. Die totale persentasie van die kursus sal eers beskikbaar wees wanneer die kursus voltooi word en die sertifikaat uitgereik word.
'n Student oor hierdie kursus:
"Die nuttigste vir my in hierdie kursus was toe my mentor my gehelp en my vrae beantwoord het sodat ek iets 'n bietjie meer verstaan. En ek is so dankbaar daarvoor."