Lees die Woord 1

Met mentor • 14 lesse • 62 studente

‘Lees die Woord’ kursusse is ‘n dieper studie van die Bybel.

Studente moet verkieslik eers die ‘Bybel Basis’ en ‘Die Lewe van Jesus’ kursusse voltooi.

'Lees die Woord' kursusse gebruik die ‘BibleProject’ videos as 'n inleiding tot die verskeie Bybelboeke. Die video oor elke Bybelboek verduidelik die boek se struktuur en denkpatroon. Dit toon ook hoe die boek bydra tot die algehele verhaal van die Bybel.

Hierdie eerste kursus neem jou deur 14 Bybelboeke:

Genesis, Josua, 1&2 Kronieke, Job, Jesaja, Hosea, Miga, Sagaria, Matteus, Romeine, Titus, Hebreërs, en Judas.

Elke les het 10 multikeuse vrae en twee oop vrae om oor na te dink of te bespreek.

Vir sommige vrae is die antwoorde in die videos, vir ander moet jy die teksgedeelte in die Bybel lees. Skrifgedeeltes is uit Afrikaanse Bybel 2020 vertaling.

Wanneer jy die kursus voltooi het, sal jy 'n sertifikaat met jou finale telling ontvang. Daar is nog 4 kursusse in hierdie reeks. Gesamentlik dek hierdie 5 kursusse die hele Bybel.

Let daarop: hierdie kursus is 'n GlobalRize kursus. ‘BibleProject’ is verantwoordelik vir die inhoud van die videos, maar nie vir die vrae in hierdie kursus nie.

Begin kursus