Wat is ‘Wandel saam met Jesus’?
'Wandel saam met Jesus' is jou persoonlike reis om 'n volwasse Christen te word deur jou ou leefwyse op te gee, en meer en meer soos Jesus te word. Jesus roep jou om God lief te hê met jou hele hart, siel en verstand, en om jou naaste lief te hê soos jouself (Matteus 22:37-39). Ook om al die nasies tot sy dissipels te maak, deur hulle te doop en hulle te leer om alles te onderhou wat Hy beveel het (Matteus 28:19-20).
Vanuit die duisternis na die lig geroep
In ‘Wandel saam met Jesus’ sal jy fokus op hoe Jesus jou roep om sy volgeling te wees. Jy word uit die duisternis na die lig geroep, jy word geroep om in Sy teenwoordigheid te bly, om Sy wil te doen, ensovoorts. In hierdie kursus sal jy opleiding ontvang oor die volgende onderwerpe: verlossing, stiltetyd, die kerk, om geskape wees na God se beeld, om God se wil te doen, die Heilige Gees, geestelike oorlogvoering en evangelisasie. Praktiese opdragte sal jou help om teorie in praktyk te omskep.
Saam met jou vriend
In die kursus is jy ook 'n mentor vir jou vriend. Elke les wat jy voltooi het, word eers deur jou mentor nagegaan. Wanneer jy die les goed verstaan en jou vrae is deur jou mentor beantwoord, begin jy en jou vriend aan die les werk. Jy werk dan deur die antwoorde van jou vriend. Daarna bespreek wat jy dink goed gedoen is en ook wat moontlike onduidelikhede kan wees. Elke les word afgesluit met 'n opdrag wat bedoel is om deur jou en jou vriend saam gedoen te word.
Die ‘Wandel saam met Jesus’-kursus bestaan uit 8 hoofstukke wat elk 3 of 4 lesse bevat. Probeer om een hoofstuk per week te voltooi. Op hierdie manier kan die kursus binne 8 weke voltooi word. Dit sal jou toelaat om diep na te dink oor die geestelike inhoud van die lesse, en om 'n verhouding met jou mentor te ontwikkel, sodat jy oor jou vrae en geestelike lewe kan praat. Ons verwag dus ook van jou om alles wat jy indien self te skryf, sonder om hulpmiddels soos ChatGPT te gebruik.